[vir Louisa Dorethea Mulder]
(na aanleding van WH Auden se gedig: “Funeral Blues”; verwerk deur Dries Lombaard)
Stop die horlosies, trek uit die foon;
Maak stil die musiek se vrolike toon.
Maak toe die klavier, en op ritmiese trom
Dra stadig die kis, laat die roubeklaers kom.
Laat orrelsang speel op eensame noot
Laat ons huil en ween: ons ma is dood.
Geen grappe, geen feeste – voel die seer en die sleg;
Laat ons mekaar styf vashou en huil – want sy is weg.
Los koerante, radio, los werk, vergeet sport
Sy was so lank met ons, hoekom voel dit so kort?
Sy was ‘n vrou, ‘n mamma, ‘n ouma, ‘n vriendin;
Lief vir die bosveld, die see, ‘n mooi Afrikaanse sin…
Met kleinkinders om haar kon sy vir jou wys:
Hoe ‘n skulp gevorm is… hoe beskuit moet rys.
Skakel die sterre af, pak op die son en die maan
Laat die see stil word, laat die tyd stil staan.
Sy is by haar Here, haar geliefdes - haar wedloop is oor;
Sy sit aan by ‘n feesmaal, geniet die engelekoor.
Die wete gee vrede, maar verlange sal groei
Dis die seer van haar lee plek wat ons harte laat bloei.
Louisa Dorethea, watter vrou – watter ma!

Vandag rou ons oor jou, en oor ons eensame pa.